die tyd het aangebreek om jou skool vir 2021 te kies!
Wat is die nuwe prosedure waarvan almal praat?
Die WKOD (Wes-Kaapse Onderwys Departement) vereis dat aansoeke om skooltoelating vir 2021 elektronies geskied deur die volgende skakel te volg. Neem genoegsame tyd om elke stap versigtig en deurdag te voltooi. Aansoeke sluit Dinsdag 17 Maart 2020.
Die skakel is http://admissions.westerncape.gov.za
Kan grade 9 – 12 vir 2021 ook aansoek doen?
Natuurlik!
Ons vra dat ouers die volgende dokument in PDF-formaat aflaai en invul. Dit moet in harde kopie terugbesorg word aan Mev Fernanda Hamman (ontvangs) of Mev Dorothy de Klerk (administratiewe beampte vir aansoeke).
Die dokument is beskikbaar by https://drive.google.com/file/d/1JfE5w47ue1kHXN4QfGtX_PzuS6PAY9vT/view?usp=sharing
Wanneer kan voornemende ouers en leerders die skool besigtig?
Ons OPEDAG is 27 Februarie 2020 en almal is welkom!