17 Maart 2020
COVIT-19 (Corona-virus) en die impak op Hoërskool Swartland
Die President van Suid-Afrika, mnr Cyril Ramaphosa, het op Sondag, 15 Maart 2020, ‘n aantal maatreëls, rakende die COVIT-19
pandemie aangekondig, wat ‘n direkte invloed op Hoërskool Swartland het. Die Skoolbestuurspan en die personeel het na aanleiding
van die President se aankondiging en Omsendskrywes van die WKOD, die volgende besluite geneem:
1. SKOLE SLUIT: Woensdag, 18 Maart 2020 om 11:00 SKOLE OPEN: Dinsdag, 14 April 2020 om 07:30 2. WEEKPROGRAM (Maandag 16 Maart 2020 tot Vrydag 20 Maart 2020) 2.1 Die “Rocking the Future” Loopbaanskou is uitgestel tot verder kennisgewing; 2.2 “Swartland’s Got Talent” word uitgestel na 6 Mei 2020 2.3 Puntebespreking: Donderdag 19 Maart 2020 2.4 Rapporte word uitgedeel: Vrydagoggend 20 Maart tussen 08:00-09:00 2.5 Alle sportoefeninge is vir die volgende 14 dae (tussen 16 Maart en 31 Maart 2020) 3. TOERE 3.1 Netbal: Waterkloof Toernooi is afgestel. 3.2 Hokkie: Fairmond Toernooi is afgestel. Paarl Gim Toernooi is afgestel. 3.3 Rugby: Oakdale Toernooi is afgestel. 3.4 Die oefentye met sportgroepe sal met elke groep afsonderlik gereël word. Die tye sal na die 14 dae deur die afrigters (op skrif) aan ouers en leerders gegee word. Daar bestaan ook Whatsapp-groepe wat inligting oor oefentye aan spanne sal gee. Indien u kind siek is, hou hom/haar by die huis, maar laat weet asseblief die afrigter dat hy/sy nie kan kom oefen nie. 3.5 Alle toergelde sowel as donasiegelde sal aan die ouers en donateurs terug betaal word. Kontak die Finasiële kantoor om reëlings te tref t.o.v. die terugbetaling. 4. AKADEMIE 4.1 Alle leerders sal verskillende opdragte, werkkaarte en aantekeninge (gedurende Dinsdag / Woensdag) ontvang. Hierdie tuiswerk moet voltooi en na die vakansie ingelewer word. 4.2 Aanvullende opdragte, werkkaarte en aantekeninge sal ook op D6 Communicator beskikbaar gestel word onder Resouces. U kan D6 Communicator aflaai op enige iPhone-, Andriod- of Blackberry-toestelle by http://schoolcommunicator.com/download.php . Kies die skool (Hoërskool Swartland) en gaan dan na Resources. Daar is ook ‘n aantal onderwysers wat via Whatsapp-groepe reëlings en opdragte gee. In totaal verloor ons 10 akademiese skooldae. Die dae wat ons verloor, is veral by die senior leerlinge krities. Die personeel van Hoërskool Swartland sal alles in hul vermoë doen om die verlore akademiese tyd in te haal voor die Rekordeksamen. 4.3 Verskillende toetse / opdragte sal net na die Paasnaweek die kennis en begrip van die leerders toets ten opsigte van die werk wat hulle by die huis gedoen het. Ons sal ook tydens normale kontaktyd in kwartaal 2 ruim voorsiening maak vir vrae sowel as die vaslegging van die tuiswerk. 4.4 Die WKOD en Departement Onderwys gaan binnekort ondersteuningsmateriaal beskikbaar stel op hul onderskeie webbladsye: https://wcedonline.westerncape.gov.za 4.5 Die Skole Ondersteuningsentrum (SOS) bied ondersteuning in Wiskunde en Fisiese Wetenskap met hul Wolkskool teen R100 per leerder: www.skole.co.za/wolkskool-tydens-korona-krisis 5. KOSHUISE 5.1 Die koshuise is nog oop tot en met Vrydag. Alle leerders wat ná Woensdag in die koshuis bly, moet egter ‘n reëling met die Koshuisbestuur tref. Ons is egter bewus daarvan dat vervoerreëlings reeds lankal getref is. 5.2 Geen akkommodasie sal aan groepe buite die skool verskaf word tot na Paasnaweek. 6. KULTUUR 6.1 Soos in die geval met sport, sal geen samekoms van enige kultuuraktiwiteit in die volgende 14 dae plaasvind nie. Indien ‘n aktiwiteit ná die 14 dae verstryk het, wil oefen, geld al die reëlings soos hierbo vir sport. 6.2 Alle ATKV-aktiwiteite bv. Redenaars, Debat, Applous, Tienertoneelkursus, Jeugberaad ens. is gekanseleer. 6.3 Die Koortoer in Desember 2020 na Hongarye en Pole is nog steeds op koers en ‘n finale besluit sal eers in Oktober 2020 geneem word, indien die toestand t.o.v. die Corona-virus in Europa versleg. 7. TWEEDE KWARTAAL Die kwartaalprogram vir die tweede kwartaal is onderhewig aan veranderinge. Tans is daar geen duidelikheid oor wanneer die skole sluit nie en hoe lank die Junie/Julie vakansie sal wees nie. Die wintersport teen Worcester Gimnasium op 4 April 2020 is reeds voorlopig afgestel en ons kyk tans na ‘n ander datum, waarskynlik in die week. Die Gospelweek (6 - 9 April) skuif na later in die jaar. Ons het nog geen sekerheid t.o.v. die eksamendatums nie want ons weet nie wanneer die skole sluit nie. Toernooie, gedurende die Junie/Julie vakansie, bv. die Cravenweek ens, is ook moontlik in die weegskaal. Liewe Rockie-ouers en Rockies, u het alreeds talle skrywes via sosiale media, koerante, tydskrifte en plakkate ontvang, wat u wys wat die stappe is om die Corona-virus te vermy. Hou u en u gesin asseblief gesond. Help ons ook met u kinders se selfstudie en fiksheid gedurende hierdie verlengde vakansie. Dankie vir samewerking sodat ons ‘n gesonde skool kan handhaaf.