Woensdag, 15 Mei, het 12 meisies en 12 seuns hulle mooi gemaak vir die jaarlikse ArtHSS, mnr. en mej. Swartland. Die groot afwagting, vir hierdie geleentheid op die Rockies se kalender, het uiteindelik aangebreek…

Met Vogue as tema het die deelnemers nie teleurgestel wanneer dit by “high fashion kom nie. Knee-high boots, oorgroot jasse, funky sonbrille en faux-fur het omtrent die runway overrule tydens temadrag. Met “egte” Louis Vutton, Channel en selfs ʼn rok spesiaaal uit die Kunstekaap het die deelnemers die gehoor betower met hierdie indrukwekkende Vogue uitrustings.

Die aand was vol vermaak met die pragtige, spontane Minki van der Westhuizen (wat glad vir mnr. Lip Ice ʼn soen gegee het) as seremoniemeester en gaskunstenaar, Quentin Prinsloo, wat die gehoor met ʼn paar Afrikaanse liedjies vermaak het.

Soos gewoonlik was daar weer unieke Rockie kleinprysies te wen waaronder Juf J du Plessis – Onderwyser van die Jaar, Louis en Marnic – Senior Couple, Danielle en AW – Junior Couple en Hendré Walters – Klippie van die Jaar weggestap het.

Backstage was gevul met opwinding van finaliste wat skarrel om perfek te lyk vir die Vogue beoordelaars: Le-Lue, Anna Kearney en Grant Johnson.

Dit was ʼn suksesvolle aand en die Kultuurkomitee het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt. Anna Wintour sal moet ligtrap, want die Rockies is op haar hakke en beslis runway ready vir die volgende uitgawe van Vogue.

Die beoordelaars het ʼn moeilike keuse gehad om te maak…

Die volgende was as wenners gekroon:

  • Mej. HSS: Chrismarie Malan
  • Mnr HSS: Aldo Walters
  • 1ste Prinses: Thea Nel
  • 1ste Prins: Jonathan Young
  • 2de Prinses: Liezel van der Merwe
  • 2de Prins: Wilbur Jasson

Baie geluk aan elke Rockie wat betrokke was by die ArtHSS 2019 en wat dit ‘n groot sukses gemaak het.  Ons is dankbaar dat ons nogmaals ‘n aand kon beleef waar die beste herinneringe gemaak is om tot volgende jaar by ons te bly.

 

Thea Nel