Wenner van die Hennie Pietersen Trofee vir Let’s Play – ‘n SuperSport inisiatief

 

Waar het jou liefde vir netbal onstaan?

Ek het nooit van die begin af so ‘n sterk liefde vir netbal gehad soos nou nie. Toe ek besef ek het ‘n talent van die Here gekry, het my liefde hiervoor met tyd na elke wedstryd net meer en meer geraak.

 

Wie is jou rolmodel in die sportbedryf?

Vir seker Karla Pretorius wat in die wêrelbeker, “player of the tournament” gewen het. Dit bewys net weereens dat ons land se netbalspelers die talent het om teen die bestes te kompeteer. Dit is nog meer spesiaal vir my omdat ek dieselfde posisie as sy speel.

 

Beoog jy om dalk in die toekoms sport as ‘n loopbaan na te streef?

Ek sal beslis eendag professioneel netbal wil speel, maar net as dit in God se plan is vir my lewe.

 

Wie is jy as jy nie netbal speel nie?

Ek is mal oor die buitelug en daarom ook baie waaghalsig, maar darem nooit onverantwoordelik nie. Ek kyk graag series as ek nie tyd saam met familie, vriende en my diere bestee nie.

 

Beskryf jou span in ‘n paar woorde.

“Uitspattig” en “snaaks” is woorde wat ons  almal die beste beskryf en definitief “een groot familie.”

 

Hoe voel jy oor interskole 2019?

Interskole 2019 was ‘n wonderlike ervaring! Ons het lank, hard geoefen vir hierdie wen. Ons agt girls het ons beste gegee, geveg tot die einde en gewen!

 

Dit is jou laaste interskole, wat het die afgelope paar jaar van netbal jou geleer?

Dit het my ‘n sterker mens gemaak. Dit het ‘n baie groot bydrae tot my karakter en menswees gebied. Ek het baie nuwe vriendskappe gevorm deur hierdie sport, wat ek vir altyd sal koester. Netbal het my geleer hoe om saam met mense te werk en hoe om op ‘n positiewe manier te kommunikeer met ander, wat my beslis in die toekoms sal baat. Ek kan eerlikwaar sê dat netbal my help vorm het as mens. 

 

Chrismarié Malan