Jou hand vou om die klepel en die geluid van ‘n klok wat lui vul jou ore; ‘n glimlag geplak op jou bakkies. Terwyl jy uit die klokboog stap borrel die emosies in jou: vrees, opgewondenheid en afwagting, want jy is nou ‘n volwaardige Rockie. Moenie vrees nie, hier is wenke om ‘n sukses van jou hoërskoolloopbaan te maak.

 

Behou ‘n gebalanseerde hoërskoollewe!

Moenie net uitblink in akademie nie, maar op die sportveld ook. ‘

 

Uit die mond van my goeie vriendin:  “Dink slim en wees lui.”

Werk slim deur georganiseerd te wees en vooruit te beplan vir: studietyd, take, sportdae, kuiers, danse, ens. Beplan slim en jy gaan ekstra tyd hê.

 

Wees betrokke by die skool.

Matriek is skaars ‘n klipgooi weg en die sosiale geleenthede, atletiek en singsongs is die goed wat jy gaan onthou van hoërskool. So gryp elke geleentheid aan!

 

Vriende is ALLES

Dis hierdie mense wat jou hoërskool-ervaring maak of breek.  Kies oordeelkundig.

 

Laaste, maar belangrikste: Geniet elke oomlik en lewe voluit!

Jy gaan nooit weer vandag terug kry nie, so maak die beste van elke sekonde.

Beleef elke hoërskooldag voluit, want voor jy jou oë uitvee, lui jy die uitstapklok en is hoërskool verby.

 

Mia Marais