Opedag

Strive to Thrive!

Hoërskool Swartland Opedag

DATUM: 6 Februarie 2025
TYD: 17:00-19:00
KOSHUISBESOEKE: 15:30-16:30

Tel: (022) 482 1469
epos: admin@swartlandhs.co.za
Facebook: Hoërskool Swartland Offisieel
Instagram: @hsswartland

Landbou

Ons landbouleerders kan met groot opgewondenheid uitsien na projekte wat ‘n verskeidenheid landbou-aktiwiteite ondersteun.

Wingerdbou-projek: Getrou aan ons area het ons ’n wingerdbou-projek gedurende 2023 geloods. Die pragtige groen wingerd sal die mooi argitektuur van die 100 jaar oue Huis van Imhoff, ons seunskoshuis, komplimenteer. 

 Groentetonnels: Groente word volgens seisoen verbou in tonnels wat by die skool opgesit is. Die leerders spandeer tyd tydens praktiese periodes deur by die plant, versorging, besproeiing en oes van die groente betrokke te wees. Vars groente word verkoop om ook entrepreneurskap by die leerders te ontwikkel. 

 Hoenderboerdery: Hoërskool Swartland het met die hulp van die gemeenskap ook begin met ’n lê-henprojek. Ons het 100 lê-henne wat op ons landbouterrein vryloop. Daar word van ’n innoverende verskuifbare hok gebruik gemaak. Ons doel is om ’n volhoubare, organiese hoenderboerdery te vestig wat topkwaliteit eiers sal lewer. Die aanhou van die hoenders dra ook by tot die eko-vriendelike benadering in ’n moderne landbouwêreld; aangesien hul ook tussen die wingerd gebruik gaan word vir bemesting en plaagbeheer. 

 Jeugskou: Ons leerders kry die geleentheid om aan verskillende junior en senior jeugskoue deel te neem. Die volgende afdelings kan gekies word: Pluimvee, duiwe, sierduiwe, kulinêre kuns, suiwelbereiding, boerbokke, melkbokke, vleisskape, wolskape, Angora’s, varke, perde, melkbeeste, vleisbeeste, konyne, afslaerkompetisie. Leerders kan gekies word vir ’n WP-span en sodoende aan die Nasionale Jeugskoukompetisies deelneem.

Hoë Prestasiesentrum

In 2024 ontstaan die droom van ’n Hoë Prestasiesentrum vir Hoërskool Swartland

Ons beplan die ontwikkeling van ’n moderne Hoë Prestasiesentrum (HPS) op ons skoolterrein. Hierdie fasiliteit sal dien as ’n hoeksteen vir die groei en ontwikkeling van ons leerders. Dit bied die geleentheid aan alle Swartland leerders om hulle sportpotensiaal te ontwikkel, maar ook ’n passie vir oefening te kweek, wat ’n positiewe invloed op beide hul fisiese en emosionele welstand sal hê. Die HPS sal ook aansienlike voordele vir die breër gemeenskap inhou.

Die HPS gaan uitstaande toegerus wees en gaan kan spog met:

  • Gimnasium en kondisioneringsentrum
  • Onthaallokaal
  • Fisioterapeut
  • Twee binnehuise krieketnette
  • Konsessie-onderneming koffiewinkel
  • Padelbane