SWARTLAND KLUB 1000
Klub 1000 is ’n eksklusiewe klub wat in Oktober 2024 deur Hoërskool Swartland gestig is. Die missie van die klub is om, deur middel van finansiële bydraes, ons skool se akademie, sport en kultuur voortdurend te ontwikkel.
Klub 1000 verwelkom enige instansie of individu wat belangstel om die skool finansieel te ondersteun. Ons nooi u uit om deel te word van die Rockie-gemeenskap en sodoende Hoërskool Swartland as ’n skool van uitnemendheid te ondersteun.
Lede van Klub 1000 geniet voordele tydens sekere skoolgeleenthede, en hul name verskyn ook op die Klub 1000-donateursbord by Hoërskool Swartland.
’n Vooruitstrewende skool skep ’n vooruitstrewende gemeenskap!
Kies jou lidmaatskap-opsie:
Bankbesonderhede:
Naam: Rockies Ondersteuners Klub
Bank: Nedbank
Bankkode: 198765
Rekeningnommer: 133 567 8972
Verwysing: KLUB1000 + Naam & Van
Bewys van betaling: klub1000@swartlandhs.co.za
Indien u belangstel om deel te word van hierdie inisiatief of reeds ‘n donasie (volgens bostaande opsies) gemaak het, word u vriendelik versoek om die onderstaande vorm in te vul vir die Klub 1000 opgawe.