Skoolgeld: R 28 000 per leerder
Alle skoolfonds moet teen 30 November 2026 volledig betaal wees.
Opsie 1
Volle bedrag betaal vóór 28 Februarie 2026.
Kry dan 5% afslag, betaal dan R 26 600 vir die jaar.
R 26 600
Opsie 2
Vier keer per jaar binne die eerste twee weke van elke kwartaal.
Dit is dan R 7 000 per kwartaal.
R 7 000 per kwartaal
Opsie 3
Tien keer per jaar vanaf begin Februarie tot 30 November 2026.
Dit is dan R 2 800 per maand vir tien maande.
R2 800 per maand vir 10 maande
Bankbesonderhede vir Aftrek-orders en Internetbetalings:
Hoërskool Swartland
Vir alle gelde aan die skool betaalbaar
(net verwysing verander – sien hieronder)
Rekeningnommer: 103 982 7438
Nedbank Malmesbury Takkode 154 605
Verwysing vir skoolfonds: Leerder se Leerdernommer, Van, Voorletters bv. 219200 Ras PMJ
Verwysing vir ander betalings: Item, Van, Voorletters, bv Klere Pompies Piet
Skakel gerus die skool se finanskantoor indien u onseker is oor u kind se leerdernommer.
E-pos die bewys van betaling aan finansies@swartlandhs.co.za
Losiesgeld vir koshuise:
R 44 000 per leerder per jaar
Alle losiesgeld is streng vooruitbetaalbaar – eenmalig vir die jaar vooruit,
R 11 000 kwartaalliks of R 4 400 maandeliks per aftrekorder.
Bankbesonderhede vir Aftrek-orders en Internetbetalings:
Huis van Zyl
Vir Dogterskoshuislosies
- Rekeningnommer
103 983 1311 - NEDBANK Malmesbury
Takkode 154-605
Verwysing: Leerder se naam en van - E-pos die bewys van betaling aan ddeklerk@swartlandhs.co.za
Huis van Imhoff
Vir Seunskoshuislosies
- Rekeningnommer
103 983 0463 - NEDBANK Malmesbury
Takkode 154-605
Verwysing: Leerder se naam en van - E-pos die bewys van betaling aan ddeklerk@swartlandhs.co.za
Busdiens
R 11 000 per jaar
R2 750 per kwartaal of R1 100 per maand oor 10 maande vir die Riebeek-busroete
- Rekeningnommer
103 982 9058 - NEDBANK Malmesbury
Takkode 154-605
Verwysing: Leerder se naam en van - E-pos die bewys van betaling aan ddeklerk@swartlandhs.co.za
U moet self betyds u reëlings met die bank tref rakende u aftrekorder.
Alle nie-betaalde rekeninge word na die 31 Maart 2026-rekonsiliasie vir invordering aan die prokureurs oorhandig. Daarna word rekeninge wat 60 dae en langer dormant is, sonder verdere kennisgewing oorhandig. Uitstaande rekeninge word verder na die 30 November 2026-rekonsiliasie vir invordering aan die prokureurs oorhandig. Vorms vir aansoek om vermindering van skoolgeld moet by die finanskantoor afgehaal word en voor 31 Maart 2026 by die finanskantoor ingehandig word.