Rugby
Hoërskool Swartland het ’n roemryke rugbygeskiedenis. Ons skool spog met ses Springbokspelers; dit plaas ons onder die top 20-skole wat die meeste Springbokke opgelewer het tot op hede. Ons mees onlangse Springbok is Pieter-Steph du Toit. Wêreldbekerwenner, IRB-Speler van die Jaar en Springbokkaptein tel onder van sy topprestasies!
Ons lewer jaarliks spelers wat Boland se Cravenweek-, Akademie-, Grant Khomo- en Boland 7’s-spanne verteenwoordig. Ons het ook tans spelers wat hul talente in die Varsitybeker, Curriebeker en Super Rugby-kompetisies ten toon stel.
Ons eerstespanseuns neem gedurende die Maart/April vakansie aan die Oakdale Rugbyweek deel as aanvulling tot hul voorseisoen-program. Ons juniorspanne neem deel aan voorseisoen-sportdae om maksimale blootstelling te verseker. Verder neem die senior spelers deel aan verskeie 7’s-kompetisies, wat die jaarlikse Boland 7’s-kompetisie insluit.
Ons het ’n ervare afrigtingskorps wat op hoogte bly met die nuutste neigings van die spel, gekoppel met ouskoolwaardes om ons seuns tot hul volle potensiaal te ontwikkel. Ons speel weekliks in ’n hoogs kompeterende omgewing en gee ons seuns al die blootstelling tot ons beskikking.
Ons seisoen sluit jaarliks af met Interskole teen Hoërskool Hugenote (Wellington). Hierdie is ’n tradisie wat reeds in 1975 gevestig is en dit word steeds beskou as ’n hoogtepunt op ons sportkalender.
Rugbykoödineerder: Mnr Martin Dyason
E-posadres: martindyason@gmail.com