Hokkie
Hoërskool Swartland het die afgelope paar jaar spesiale aandag aan ons hokkie geskenk en ons is tans besig om die vrugte van ons arbeid te pluk. Ons ding mee met van die top hokkieskole in die Boland. Die skool lewer jaarliks Bolandspelers op en daar is ’n merkbare positiewe groei in die aantal hokkiespelers.
Ons o.14 spelers kan beide rugby en netbal asook hokkie speel en ons o16.A en o.19A-hokkiespanne het jaarliks toere en klinieke wat die groei van die spanne bevorder.
Die o. 19A-hokkiespanne neem jaarliks aan die Cape Town International Hockey Festival deel, hier kry hulle die geleentheid om kragte te meet teen topskole regoor die land. Ons o.16A- en o.19A-dogtershokkiespanne speel ook elke jaar in die Spar Challenge en ons o.15 en o.17 fast-5 hokkiespanne neem aan die Marius Schoeman toernooi te Hoërskool Paarl Gimnasium deel.
Alle spanne word die geleentheid gegun om op die astrobaan te oefen en al hul tuiswedstryde daarop te speel. Die baan word ook gebruik vir ekstra klinieke en die dorp se laerskole word op geskeduleerde tye uitgenooi om daar te oefen.