Bergfietsry

Daar is niks soos die adrenalienstormloop om op ‘n bergfietsroete op jou bergfiets in die natuur te jaag, omring deur asemrowende uitsigte nie. Bergfietsry neem jou na wonderlike plekke, dit help jou om nuwe mense te ontmoet, en jy kry ook tonne gesondheidsvoordele as ‘n bergfietsryer.

Daar is 4 vlakke waarin ons die leerders laat deelneem:

  • WesKaapse Skole Liga, aangebied deur “Western Cape School Cycling”
  • XCM reeks, aangebied deur “Cycling SA“
  • Sosiale wedrenne, aangebied deur privaat organiasies en borge

Ons eie HSS wedrenne:

  • Le Tour De Rock – 12uur uithou trap
  • Interskole teen Hoërskool Hugenote

Leerders wat aan al die kriteria voldoen en deur die jaar ‘n vlak van uitnemendheid op hul fiets handhaaf, kan erekleure in bergfiets verwerf.

Bergfietsry-koödineerder: Mnr Henk Bothma
E-posadres: henk.bothma@odllac.com