Atletiek

By Hoërskool Swartland poog ons om elke atleet die geleentheid te bied om hul volle potensiaal op die atletiekveld en -baan te bereik. Ons atlete neem deel aan verskeie atletiekbyeenkomste binne en buite skoolverband.

Ons bied jaarliks die Graad- en Interkleurebyeenkoms aan, waar atlete kompeterend kan deelneem, maar ook die Rockie-gees kan uitleef. Die jaarlikse Interskolebyeenkoms tussen Hugenote Hoërskool, Hoërskool Melkbosstrand en Hoërskool Swartland, beloof om weer vanjaar een van die hoogtepunte op ons atletiekkalender te wees.

Die verryking en ontwikkeling van elke atleet is vir ons van uiterste belang. Atlete en afrigters word die geleentheid gebied om verskeie afrigtingsklinieke by te woon, insluitende die jaarlikse Bolandkliniek. In die voorseisoen kry ons atlete die geleentheid om teen sterk opponente te kompeteer, wanneer hulle aan die Top 10-byeenkomste – die Outeniqua Top 10 en Bredasdorp Top 10 – deelneem.

Met trots lewer ons jaarliks atlete wat binne die distrik, sowel as op nasionale vlak ons naam hoog hou. Atlete ontvang afrigting in die volgende baan-en velditems: middel-en langafstande, stap, hekkies, verspring, driesprong, hoogspring, gewigstoot, spiesgooi, hamergooi en diskusgooi.

Atletiekorganiseerder: Me Anandi van der Merwe
E-pos: atletiek@swartlandhs.co.za 
Oefentye: Maandae – Vrydae 16:00 – 18:00