Atletiek
By Hoërskool Swartland poog ons om elke atleet die geleentheid te bied om hul volle potensiaal op die atletiekveld en -baan te bereik. Ons atlete neem deel aan verskeie atletiekbyeenkomste binne en buite skoolverband. Ons bied jaarliks die Interkleurebyeenkoms aan, waar atlete kompeterend kan deelneem, maar ook die Rockie-gees kan uitleef. Die jaarlikse Interskolebyeenkoms tussen Hugenote Hoërskool, Hoërskool Melkbosstrand en Hoërskool Swartland, beloof om weer vanjaar een van die hoogtepunte op ons atletiekkalender te wees siende dat Swartland in 2026 weggestap het met die Atletiekbeker!
Die verryking en ontwikkeling van elke atleet is vir ons van uiterste belang. Atlete en afrigters word die geleentheid gebied om verskeie afrigtingsklinieke by te woon, insluitende die
jaarlikse Bolandkliniek. In die voorseisoen kry ons atlete die geleentheid om teen sterk opponente te kompeteer, wanneer hulle aan verskeie Top 10-byeenkomste en ander byeenkomste in die omliggende area deelneem. Met trots lewer ons jaarliks atlete wat binne die distrik, sowel as op nasionale vlak, ons naam hoog hou. Atlete ontvang afrigting in die volgende baan-en velditems: middel-en langafstande, stap, hekkies, verspring, driesprong, hoogspring, gewigstoot, spiesgooi, hamergooi en diskusgooi. Ons bemagtig ons atlete met top gehalte afrigters om hulle goed
voor te berei vir die seisoen. Ons spesialis afrigters is mnr. Hugo Pienaar van West Coast Throws Academy vir diskus en hamergooi; me. Elmarie Marais vir stap en hekkies; mnr.
Sergio Arendse vir naellope en middelafstand.
Atletiekorganiseerder: Me Anandi Burger
E-pos: atletiek@swartlandhs.co.za
Oefentye: Maandae – Vrydae 16:00 – 18:00