Hoë Prestasiesentrum
In 2024 ontstaan die droom van ‘n Hoë Prestasiesentrum vir Hoërskool Swartland
Ons beplan die ontwikkeling van ‘n moderne Hoë Prestasiesentrum (HPS) op ons skoolterrein. Hierdie fasiliteit sal dien as ‘n hoeksteen vir die groei en ontwikkeling van ons leerders. Dit bied die geleentheid aan alle Swartland leerders om hulle sportpotensiaal te ontwikkel, maar ook ‘n passie vir oefening te kweek, wat ‘n positiewe invloed op beide hul fisiese en emosionele welstand sal hê. Die HPS sal ook aansienlike voordele vir die breër gemeenskap inhou.
Die HPS gaan uitstaande toegerus wees en gaan kan spog met:
Gimnasium en kondisioneringsentrum
Onthaallokaal
Fisioterapeut
Twee binnehuise krieketnette
Konsessie-onderneming koffiewinkel
Padelbane

