Dogters
HUIS VAN ZYL
By ons koshuis poog ons om ‘n huislike, gelukkige leefomgewing vir ons dogters te skep. Alhoewel ordereëlings noodsaaklik is vir ‘n gelukkige samelewing, beklemtoon ons die belangrikheid van selfdissipline en die respek vir ander.
Opgerig in 1947, vestig Huis van Zyl talle dogters wat strewe na sukses in akademie, dissipline en ordelikheid.
Koshuis gebou:
Die koshuis bestaan uit twee vloere met ongeveer 27 kamers elk. Die grondvloer bestaan uit ‘n eetsaal wat ook dien as studiesaal vir junior leerders, ‘n rekenaarlokaal, gymnasium en ‘n ontsspanningslokaal waar huisvergaderings gehou word.
Personeel:
Ons vriendelike matrone en kombuispersoneel maak elke dag kos waaraan jy kan smul. Diensdoenende personeel hou toesig van Maandag tot Donderdag. Hierdie personeel maak beurte om naweke diens te doen vanaf Vrydag tot Sondag.
Vervoer:
‘n Bussie vervoer die dogters na en van die skool in die oggend en middag. Dogters mag stap in groepe as hulle nie met die bus wil ry nie. Dogters wat deelneem aan aktiwiteite en sport na skool is verantwoordelik vir eie vervoer. Die koshuis het busvervoer vanaf die koshuis na Langebaan, Yzerfontein, Vredenburg, Saldanha en Velddrif.
Daaglikse program:
Middagete: 14:15
Middagstudie: 15:00-16:00
Aandete: 18:00
Aandstudie 1: 19:00-19:50
Breuk: 19:50-20:10
Aandstudie 2: 20:10-21:00
Tydens eksamens en toetsreekse word die studietye aangepas sodat dogters langer studietyd het.
Op Woensdae is daar dorpsdag vanaf 16:00-18:00. Die dogters moet in skooldrag dorp toe gaan of die koshuis se nuwe baadjie aantrek. Hierdie items is beskikbaar by die skool se klerebank.
Die koshuis bied verskillende aktiwiteite aan waaraan die leerders mag deelneem. As hulle kies om nie deel te neem nie moet hulle verder studeer omdat dit in studietye plaasvind. Hierdie aktiwiteite sluit in:
Godsdiens: Maandae 20:10-21:00
Game night: Woensdae 20:10-21:00
Medikasie:
Dogters wat kroniese medikasie neem moet ‘n houer aanskaf met hul medikasie vir die week. Die houer word in die koshuiskantoor toegesluit en die personeel aan diens is verantwoordelik om seker te maak die dogters neem dit. Geen dogter wat kroniese medikasie neem mag dit by haar in die kamer hou nie.
Ete:
Drie etes word per dag voorsien vanaf Maandagoggend tot Donderdagaand. Vrydag is ontbyt en middagete beskikbaar. Leerders wat inbly oor ‘n naweek moet hulself voorsien van kos. Allergieë en godsdienstige beperkings word in ag geneem.
Seuns
Huis van Imhoff
By Huis van Imhoff streef ons daarna om gebalanseerde, goed opgevoede jong mans die lewe in te stuur. Reeds op 18 Julie 1923, by die opening van Huis van Imhoff, het prof D Pauw verwys na karakter, ‘n man se beste besitting!
Tradisie sowel as reëls is vir ons belangrik. Die seuns in die koshuis is baie trots op hulle koshuis en is getrou aan al die tradisies. Ons beskik elke jaar oor ‘n top huispersoneel wat vir die seuns ‘n tweede tuiste skep.
Die seuns kry ‘n gabalanseerde dieet en daar is volop geleentheid vir ontspanning. Graad 8 tot 10 leerders studeer elke dag onder toesig. Eksamentye studeer die seuns 4 ure – 2 in die dag en 2 in die aand. Gewone tye het die seuns 3 ure studietyd. Strafstudie is ook ingestel vir seuns wat hulle wangedra gedurende studietyd. Graad 11 en 12-leerders mag in hulle kamers studeer.
Woensdae is daar dorpsdae vir 2 ure.
Huis van Imhoff, met sy pragtige tuine en ruim kamers is ‘n ware tweede tuiste vir elke inwoner.