Krieket
Hoërskool Swartland het deur die jare ’n sterk krieketkultuur gevestig en ons kan gereken word as een van die top krieketskole in die Boland. Ons lewer op ’n gereelde basis provinsiale spelers op, wat aan nasionale toernooie deelneem.
Ons eerstespan neem jaarliks aan die KFC-Punt Krieketfees te Mosselbaai deel, ter voorbereiding van die nuwe seisoen. Die HSS “Six-a-side”-toernooi is ’n prettige instelling op ons krieketkalender. Hierdie toernooi bied ons oud-Rockies, ouers, laerskoolonderwysers, sowel as hoërskoolonderwysers die geleentheid om teen mekaar te kompeteer. Ons fasiliteite word tans opgradeer en daar is min plekke so mooi soos die Rockie-tuisveld om op ’n Saterdag krieket te kyk.
Ons o. 19A- en o. 15A-spanne speel in Boland se Saterdagliga (50 boulbeurte) en ons o. 15B- en o. 19B-spanne speel in die weeklikse halfdagliga (20 boulbeurte). Ons spelers kry baie blootstelling en speel verskeie wedstryde gedurende die eerste en vierde kwartaal.
Die “Old boys Six-a-side” is ’n nuwe inisiatief waar buurskole se oud-leerders teen mekaar kragte meet. Dit lok jaarliks baie toeskouers en is nog ’n hoogtepunt op die krieketkalender.
Kriekethoof: Mnr Mike Steyn
Hoof van Krieket: Mnr. Mike Steyn
E-pos: mikesteyn89@gmail.com
