Landloop
Die landloopatlete het aan ses ligabyeenkomste deelgeneem sowel as aan die Boland en Wes-Kaap Kampioenskappe. Die kompetisie was baie sterk en het gespog met deelnemergetalle van 85-100 atlete per wedloop. Selma du Preez (dogters o/16) behaal ‘n 6de plek by die Wes-Kaap Kampioenskappe. Sy is ook gekies vir die Wes-Kaapspan vir deelname aan die SA Skole Landloop Kampioenskappe. Ons wens haar geluk met hierdie pragtige prestasie.
Atlete het ook deelgeneem aan kompeterende stapbyeenkomste. Tiaano Walters o/16 10 km was derde, Cara Bester o/17 10km was tweede, Christiaan Bestert o/15 5 km was eerste en Chloë Lottering o/14 5 km was vyfde by die WP Stapkampioenskappe. Baie geluk aan dié stappers!
