Netbal
Die visie van Hoërskool Swartland se netbal is om elke netbaldogter die geleentheid te bied om haar volle potensiaal te bereik deur blootstelling, kompeterende deelname en ontwikkeling.
Dit is om hierdie rede dat ons dogters gereeld afrigtingsklinieke bywoon om hulle vaardighede op te skerp en hul natuurlike talent te omarm en ontgin.
Ons o. 19-dogters neem gedurende die Maart-skoolvakansie deel aan Hoërskool Menlopark (Pretoria) se netbaltoernooi, sowel as aan die Hoër Meisieskool La Rochelle se Fair Cape Superskole-netbaltoernooi.
Verder neem ons deel aan Paarl Gimnasium se “Fast 5”-toernooi wat jaarliks in September aangebied word. Ons spelers presteer fantasties; tydens die 2019-seisoen het ons nege distrikspelers opgelewer en in 2022 is sewe van ons dogters ook gekies as distrikspelers. Hierdie dogters neem deel aan die Interdistrikstoernooi te Wellington.
Twee van ons spelers het ook provinsiale kleure ontvang op grond van hul insluiting in die o. 16 en o.19 Wes-Kaap spanne. Hierdie spanne het die voorreg gehad om deel te neem aan die 2019 “All-Ages”-toernooi te Boksburg.
Een o.16- en een o.19-speler is ook in 2022 ingesluit in die TOP 35 Suid-Afrikaanse spelers van hul onderskeie ouderdomsgroepe.
Hoërskool Swartland se netbalspanne neem jaarliks deel aan die Top Skole Netbal-kompetisie, waar ons skouers met groot netbalskole skuur. Die Rockie en Blackie interskole-kragtmeting is natuurlik ’n verdere groot hoogtepunt op die jaarlikse netbalkalender.
Ons moedig ons dogters aan om skeidsregter- en afrigtingskursusse by te woon en sodoende ‘n skeidsregter- en afrigtingkwalifikasie te ontvang. Ons afrigters is hoogs bekwaam en woon ook op ’n gereelde basis afrigters-en skeidsregterskursusse by om op hoogte te bly van die nuutste ontwikkelinge en tegnieke.
Die Rockie-netbal leef die skool se waardes getrou uit en ons is trots op al ons netbaldogters wie se gedrag altyd sprekende getuies is van die Hoërskool Swatland leuse: Werk en Wen.
Netbalkoördineerder: Me Sanet Joubert
E-pos: sanetjoubert71@gmail.com
SPAN |
AFRIGTER |
OEFENTYE:Dinsdae & Donderdae |
o. 14 A & B | Me Anika de Beer | 14:30 – 15:30 |
C & D | Me Mikayla Ritter | 14:30 – 15:30 |
E & F | Me Mika Venter | 14:30 – 15:30 |
o. 15 A & B | Me Elba Ritter | 15:30 – 16:30 |
C & D | Me Gerda van den Bergh | 15:30 – 16:30 |
E & F | Me Barbara Cronjé | 14:30 – 15:30 |
o. 16 A & B | Me Jolyn du Plessis | 15:30 – 16:30 |
C & D | Me Carè de Wet | 15:30 – 16:30 |
E & F | Me Marissa Neethling | 17:00 – 18:00 |
o. 17 A & B |
Me Arika Hansen | 16:30 – 17:30 |
C & o. 18 C | Me Helenè Schreiber | 17:00 – 18:00 |
o. 18 A & B | Me Sanet Joubert | Maandae: 16:00 -17:00 |
Dinsdae, Woensdae & Donderdae: 16:30 – 18:30 |