Skaak
Skaak bevorder die ontwikkeling van beide die linkerbrein (logiese denke), sowel as die regterbrein (kreatiewe denke). Dit bevorder logiese redenering wat veral kan help met vakke soos Wiskunde en Wetenskap. Dit verbeter ook die konsentrasievermoë van spelers.
Hoërskool Swartland skryf elke jaar spelers in om aan die Onder-Weskus Skaakkampioenskappe deel te neem. Indien die speler daar suksesvol is, kan hy/sy deurdring na die Weskusspan.
Die ouderdomsgroepe waarin spelers deelneem is o.15 en o.18. Die spelers oefen vanaf Februarie elke Maandag na skool vanaf 14:00 tot 15:00. Vanaf die tweede kwartaal oefen ons ook Woensdae na skool vir ‘n uur.
Die jaarlikse interskole wedstryd teen Hugenote Hoërskool bly vir die spelers die hoogtepunt op die kalender.
