SWARTLAND KLUB 1000

Die Swartland Klub 1000 is in Oktober 2024 gestig. Dis ’n eksklusiewe klub vir oudleerders en ondersteuners van Hoërskool Swartland wat tot ’n maksimum van 1 000 lede beperk word. Die doel van die klub is om fondse in te samel wat vir die verbetering van die skool se akademie, sport en kultuur aangewend kan word.

^

Daar is ’n aansluitingsfooi van R2 000. Hierdie fooi sluit u eerste jaar se lidmaatskap in. 

^

U lidmaatskapfooi van R1 000 sal daarna jaarliks op 31 Januarie met ’n debietorder verhaal word. 

^

Fondse word as deel van die Hoërskool Swartland Trust in samewerking met die skool se beheerliggaam bestuur.

^

Die klub verwelkom enige lojale en entoesiastiese oudleerder en ondersteuner van Hoërskool Swartland. 

^

Swartland Klub 1000-lede sal met trots kan sê dat hulle ’n betekenisvolle bydrae tot Hoërskool Swartland se instandhouding en vooruitgang maak.

Sluit aan by Swartland Klub 1000!

Laai die vorm af, vul dit in en stuur aan klub1000@swartlandhs.co.za.

Klub 1000 vorm

Vir meer inligting stuur ‘n e-pos aan

klub1000@swartlandhs.co.za