SWEM

 Malmesbury beskik oor ‘n pragtige 50m swembad, geleë net langs die skool. Swemmers kan óf by die klub (Swartland Swemklub) ingeskryf wees óf Dinsdae en Donderdae saam met die nie-klubswemmers oefen. Die klubswemmers vaar uitstekend by nasionale klubkampioenskappe (“levels”) en ander kompetisies.

Verskeie swemmers neem ook deel aan “Open Water Swimming”.  Daar is tans twee geleenthede waar dit aangebied word in die Boland.  Die eerste byeenkoms word naby Franschoek aangebied en die tweede byeenkoms in Worcester. 

Hoogtepunte op ons swemkalender is: 

  • Interkleure swemgala met ernstige swem, sowel as baie “sports”-items op die program, byvoorbeeld 25m enigeslag en die gewilde binnebandresies.
  • Interskole teen Hugenote.
  • Seshoekigegala waaraan skole van die Weskus en Wynland deelneem.
  • Die Boland se prestige gala, die Frank Myburgh Twilightgala, waar al die top swemmers van Weskus en Wynland deelneem.  Mnr. Frank Myburgh is ‘n afgetrede adjunkhoof van Hoërskool Swartland en was vir meer as 25 jaar ‘n onderwyser.  Mnr. Myburgh, self ‘n Springbokswemmer, was vir meer as 20 jaar betrokke by Boland Swem waarvan hy 16 jaar as voorsitter gedien het.
  • Verskeie aflosgala’s van skole in die Boland.

Leerders kan ook Ere-en Halfkleure vir swem verwerf by Hoërskool Swartland.  Die kriteria vir Kleure verskyn op bladsy 7 van die skool se Erekleurekriteria, wat onder dokumentasie gevind kan word op hierdie webtuiste.