Tennis

Hoërskool Swartland is een van die toonaangewende tennisskole in die streek.  HSS-tennisspanne vaar jaarliks uitstekend en die skool lewer spelers op met puik individuele prestasies.

Die skool se vier tennisspanne, die eerste seuns- en dogtersspan en
tweede seuns- en dogterspan, het verskeie kere al die Wes-Bolandliga gewen.  Die skool se tennisspelers neem jaarliks deel aan die T4J-dubbelstoernooi op Bredasdorp en het al verskeie kere met die Chris Botha-trofee weggestap.  Ons het in 2024 aan die gemengde dubbelstoernooi by Sun City deelgeneem en baie goed gevaar teen die topskole in die land. Van ons spelers neem ook deel aan die Agnes Pauw- en Ceres-toernooi.

Hoërskool Swartland lewer jaarliks verskeie tennisspelers op wat die
Wes-Boland Hoërskoolspanne verteenwoordig.  HSS het gereeld
spelers wat die Bolandspanne verteenwoordig.  Tans speel Du Preez
Erasmus en Luné Laubscher vir Boland Kavaliers. Braam Isaacs het as Boland nr.2 ook ons land verteenwoordig in ‘n Afrika-toernooi in 2000.  Hy was ook lid van die Bolandspan wat die 0.19 SATA Interprovinsiale Tennistoernooi te Bloemfontein in 2001 gewen
het. Jani Steyn is in 2023 tot die O/19 SA-span verkies.

Tennisoefeninge word gedurende die seisoen op Maandae, Dinsdae tot Donderdae aangebied.  Die wedstryde word op Woensdagmiddae
beslis.  Twee afrigters was betrokke by die afrigting van die ongeveer 22 spelers.  Daar is ook ‘n onderwyseres betrokke by die reël van die sosiale tennis vir nie-spanspelers.  Mnr. I Turner, onderwyser aan HSS, is die afgelope 21 jaar die voorsitter van die Wes-Boland Tennis vir Hoërskole.