Tennis
Hoërskool Swartland is een van die toonaangewende tennisskole in die streek. HSS-tennisspanne vaar jaarliks uitstekend en die skool lewer spelers op met puik individuele prestasies.
Die skool se vier tennisspanne, die eerste seuns- en dogtersspan en tweede seuns- en dogterspan, het verskeie kere al die Wes-Bolandliga gewen. Die skool se tennisspelers neem jaarliks deel aan die T4J-dubbelstoernooi op Bredasdorp. Van ons spelers neem ook deel aan die Ceres-toernooi.
Hoërskool Swartland het oor die afgelope dekade ‘n jaarlikse gemiddelde van 5 tennisspelers in die Wes-Boland Hoërskoolspanne opgelewer. HSS het elke jaar ten minste 1 Bolandspeler. Braam Isaacs het as Boland nr.2 ook ons land verteenwoordig in ‘n Afrika-toernooi in 2000. Hy was ook lid van die Bolandspan wat die 0.19 SATA Interprovinsiale Tennistoernooi te Bloemfontein in 2001 gewen het.
Tennisoefeninge word gedurende die seisoen elke middag van Maandag tot Donderdag aangebied. Die wedstryde word op Vrydagmiddae beslis. Twee afrigters was betrokke by die afrigting van die ongeveer 22 spelers. Daar is ook ‘n onderwyseres betrokke by die reël van die sosiale tennis vir nie-spanspelers. Mnr. I Turner, onderwyser aan HSS, is die afgelope 17 jaar die voorsitter van die Wes-Boland Tennis vir Hoërskole.