Toutrek
Toutrek is ’n spansport wat gedurende die somerseisoen – kwartaal een en vier – aangebeid word. Dit is ’n sport wat trekkers leer om selfdissipline en deursettingsvermoë aan die dag te lê.
Daar is geen ouderdomsvereiste nie; trekkers word volgens hulle gewig by ’n sekere gewigklas vir ’n afdeling ingeskryf. Ons trek ook met spesifieke toutrekskoene. Hoërskool Swartland beskik oor ’n pragtige toutrekbaan met moderne spreiligte.
In die eerste kwartaal neem ons Saterdae aan verskeie byeenkomste deel. Aan die einde van die seisoen kompeteer ons in twee groot byeenkomste: die WP/Boland- en die Nasionale Kompetisie, waar medaljes op die spel is.
Ons moedig alle leerders aan om saam te kom trek die komende seisoen. Kom ervaar spanwerk in die ware sin van die woord!
Oefentye: Maandae – Donderdae 18:00 – 19:00
Toutrekkoördineerder: Me Mika Venter
E-pos: mikav98.mv@gmail.com